2 Augustus 2018, 20:00 – 22:00

R160

RKO se musiek strek van ‘n diep gewortelde plek, wat Ghoema-, Latyns- en Africana-musiek aanneem, insluitend enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Die woorde is egter ferm op die hede.

Met akoestiese toerusting amper so oud as hul leuse speel die klanke uiteen: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, gazoos en ‘n ou Fender Telecaster.
RKO is op 20 April 2017 vereer met ‘n FAK – Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek.

2 Augustus 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater