Direk uit Slangfontein: Die talentvolle Ian Roberts met sy Radio Kalahari Orkes bring ‘n mengelmoes van Rock& Roll, Ghoema, Latyns, Jazz en Afrikana wat harder skop as Mampoer jong! Met hul onbeheerstelike toonklap musiek wat ruik, proe en klink na die veld, die lug en die ritme van ‘n windpomp in ‘n stowwerige landskap. Die stemme vertel stories wat mens laat verlang na iemand wat jy nie ken nie.

RKO gebruik Trekklavier, Viool, Pennyfluitjies, Kitare, Bas, Tromme, Mondfluitjies en soms ‘n Sitar.

Geen dorpie waar hulle al was is ooit weer dieselfde nie. Dis ‘n goeie ding. Nee, regtig. Ok behalwe Pofadder, maar ons praat eerder nie daaroor nie.

November 4 @ 20:0021:30

R140 – R160

Atterbury teater