Suid-Afrikaanse musieklegende Piet Botha gaan op 20 Julie sy sestigste verjaarsdag in styl vier met ‘n spesiale konsert by die Atterbury Teater. Hy sal bygestaan word deur ‘n groep van sy vriende en mede-musikante soos die Jack Hammer Band, die Dennis Broers en Akkedis Band, Leon van Zweel op die saksofoon, Gerry Robinson, Mel Botes, Jacob Wulana en ander. Die konsert sal hoogtepunte en van die beste en volhoudendste werk van ‘n musikale reis van 40 jaar ten toon stel. Afrikaanse en Engels liedjies van die beginjare tot die hede sal gehoor kan word asook splinternuwe materiaal.

Atterburyteater: 20 Julie 2015, 20:00 – 22:30

Kaartjies:  R150 – 180