“Paquita” is ‘n Ballet in 2 bedrywe met 3 tonele wat deur die Carlanie Dansstudio- Lesta Erasmus opgevoer word. Die pragtige musiek is deur Edward-Marie-Ernest Delvedez en Ludwig Minkus gekomponeer met choreografie deur Lesta Erasmus en volgens die oorspronklike komponiste en dansers: Marius Petipa, Joseph Mazilier en Pierre Lacotte.  Die ballet is vir die eerste keer in 1847 in Rusland opgevoer. Die eerste bedryf speel af in die “Vallei van die Bulle” naby Saragossa, Spanje met wonderlike pantomime deur die Sigeurner leier en Paquita (die sigeunermeisie). Dorpenaars en sigeuners neem deel in die pret met dans en tamboeryne. Die tweede bedryf is ‘n deftige onthaal by die Paleis van Generaal d’Hervilly met die deftige pas classique,wat die hoekstene is van die klassieke ballet repertoire.Carlani Dansstudio is ‘n gevestigde Dansskool in die ooste van Pretoria en glo dat kuns en kultuur die ware maatstaf van jou innerlike self is.

Atterbury teater, 4 September, 19:0021:15