2 Oktober, 20:00 – 22:00

R120 – R150

Dubbele Platinum verkoper, Manie Jackson, nou beskikbaar landwyd, vir konserte met van “ons Legendes” wat almal Goud of Platinum status bereik het gedurende hulle loopbane. Dit is ’n aand van pragtige herinneringe en musiek. Manie Jackson, een van die top verkopers in die land, se nuutste CD “Manie Jackson in duet met Ons Legendes” is hierdie jaar uitgereik.

Dit bevat ongelooflike snitte saam met die grootste Legendes in ons land. Die album was binne 7 weke Goud gewees. Manie, saam met die “Big Daddy” Lance James en die “Queen of Country” Barbara Ray, gee ’n ongelooflike konsert vir oud en jonk. Hulle is almal wel bekend op radio en TV en toer tans die land deur met hulle “Spectacular” konserte.

Kunstenaars: Manie Jackson, Barbara Ray & Lance James

2 Oktober, 20:00 – 22:00 Atterburyteater