20 Maart, 16:0017:30

R180

Karin Hougaard woon reeds sewe jaar in die buiteland, maar elke jaar kom maak sy minstens eenkeer ’n draai by die huis. Hierdie Sondagmiddag 20 Maart om 16h00 maak sy haar buiging by Atterbury Teater.

Haar meertalige program is getiteld BALLADES. Die vertoning sluit van haar ou bekende treffers, soos Bly, Storm, Kruietuin in, maar sy voeg ook etlike kragballades by wat geskryf is deur komponiste soos KD Lang, Alanis Morisette en Jim Steinman. Karin onderneem om enkele van haar nuutste lirieke waarvan die musiek deur die Nederlandse superster Herman van Veen geskryf is, te sing.

Jaconell Mouton is verantwoordelik vir die klawerbegeleiding en Luke van der Merwe op kitaar.

Atterburyteater