27 Julie, 20:00 – 21:40 

R160 – R200

Die veelbekroonde sanger en liedjieskrywer, Mel Botes, het gehore oor die laaste paar jaar met sy sensasionele, multi-dimensionele huldeblykvertonings van Dire Straits en Pink Floyd (Crazy Diamond) bekoor. Sy nuutste projek is ’n huldeblyk aan Gary Moore, die legendariese Ierse kitaarspeler.

Hierdie nuwe huldeblyk Wild Frontier is ook die geesteskind van Mel Botes en neem die leisels as regisseur en vervaardiger.

“In my opinie was daarnog nie sô ’n huldeblyk wat die ongelooflike talent van Gary Moore tot sy reg kon laat kom nie. My doel is om nie net alle Gary Moore aanhangers ’n ware insig in hierdie kitaar maestro se lewe en musiek te gee nie, maar ook om ’n jonger generasie to sy fenomenale en immergroen musiek voor te stel,” sê Mel.

Met “Wild Frontier”, kombineer Mel ’n ervare,  talentvolle  groep musikante op die verhoog.  Nathan Smith (van “Riders from the Storm” faam) vertolk die rol van Gary Moore, Paddi is op baskitaar, Stephen Aiken is agter die klavier en Hammond, Amil Kelber is verantwoordelik vir  akoesties; en Ghapi  slaan die tromme en agtergrondsang.

“Wild Frontier”vier Gary Moore se unieke klank, styl, musikale komposisies en sy Ierse passie. Liedjies in die repertoire sluit Moore se grootste treffers in soos Parisian Walkways, The Loner’ Still got the Blues, Over the Hills and Far Away, Walking by Myself en vele meer.

“Wild Frontier” beloof om Gary Moore se onvergeetlike talent en musiek weer aan die brand te steek en sal soos ’n veldbrand versprei.

27 Julie – Atterburyteater