Die nuwe verhoogproduksie deur Nataniël

Nataniël bring sy nuutste liedjies en skrywes (beide in Engels en Afrikaans) na die verhoog met ‘n aand van fantasie, komedie, oorspronklike akoestiese musiek en wonderlike vertelkuns, saamgevat in ‘n boeiende verhaal en ‘n rustelose tuin. Hierdie is Nataniël vir die fynproewer, ‘n produksie vol betowering, misterie, skok, hoop, intrige en inspirasie. En ‘n asemrowende garderobe: kostuums deur Floris Louw!

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme).

OUDERDOMSBEPERKING: Geen kinders onder 15. Geen selfone.

Boeke, DVD’s, CD’s en produkte van Nataniël se Kaalkop leefstylreeks sal na die vertonings beskikbaar wees.

Datums

7 – 12 Desember 2015 UITVERKOOP

25 – 30 Januarie 2015

1-6 Feb

Kaartjies: R180 – R200

Atterbury teater