In Augustus 2015 spog Hoërskool Garsfontein met hul sewende agtereenvolgende musiekblyspel.  Talle van die talentvolle leerders wat betrokke was by die produksies het na skool ‘n loopbaan begin bou in die uitvoerende kunste en hierdie produksies het die basis gevestig vir ‘n blink toekoms.
Hierdie jaar vanaf 11 tot 15 Augustus sal “Footloose : The Musical” in die Atterbury Teater opgevoer word..

“Footloose” vertel die verhaal van ‘n jong man, Ren wat as passievolle dansliefhebber verhuis na die dorp Bomont in die VSA, waar dans weens ‘n tragiese verlede, nie op die dorp toegelaat word nie. Die verhaal neem ons op ‘n emosionele reis van innerlike konflik en aanvaarding, asook die vrees en opwinding van verandering in ‘n konserwatiewe gemeenskap. “Footloose” is ‘n musiekblyspel met polsende musiek, met bekende treffers soos Footloose, I need a hero en Let’s hear it for the boys asook ‘n storielyn wat elke kyker se hart warm sal laat klop.

Die kaartjies vir die vertoning is beskikbaar by die skool se kassiere teen R100 p.p.

Atterburyteater: 11 – 15 Augustus, 18:30 – 20:30