26 June, 18:00 

R150

Hierdie jaar is ’n groot eerste vir El’Shebang Dans! Vir die laaste 7 jaar het El’Shebang saam met TUIN gewerk om hul jaarlikse “Songs of a Dancing Poet” vertonings te bring.

Hierdie jaar staan El’Shebang heeltemal op haar eie voete en sit “Excavate” op die verhoog as ’n maatskappy dansproduksie.

In “Excavate” sal julle aan 8 karakters voorgestel word wat deur al die verwagtinge van ’n besige alledaagse lewe oorweldig word. Kom deel in die oomblik waar elkeen gekonfronteer word met sy eie introspektiewe reis om uit te vind wat regtig saak maak!

Om iets uit te grawe word iets geopenbaar…

Klik op die link vir ’n spesiale voorskou: https://www.youtube.com/watch?v=t8qbLGB1UnQ

Spesiale kaartjieprys aanbod:
Groepbespreking: 10 – 19 kaartjies = Kry 5% af
Blokbespreking: 20+ kaartjies = Kry 10% af

Atterburyteater