15 Maart, 20:00 – 22:00
16 Maart, 20:00 – 22:00

R250 – R300

Duncan Faure het internasionale status bereik toe hy in 1975 by die Suid-Afrikaanse groep RABBIT aangesluit het. Hy het verseker sy stempel afgedruk in sy loopbaan wat al oor 4 dekades strek. Deur al die veranderinge wat hy moes deurmaak, lewer hy nog steeds ’n egte klank en weier om die integriteit van sy musiek op te gee.

Duncan het onlangs met die platemaatskappy Global Recording Artists geteken en werk nou aan ’n Keurversameling en ’n nuwe CD “Kick of the Rhino”. Hy skop sy 2017 toer af by die Atterbury Teater en sal nuwe materiaal van sy nuwe CD en ’n paar van sy Rollers/Rabbit-treffers speel wat die gehoor sal behaag.

Klanke vir alle ore, smake, en belange is hoe Duncan Faure se musiek op sy beste beskryf kan word.

15 Maart, Atterburyteater

16 Maart, Atterburyteater