DOUVOORDAG stel vir die eerste keer hul outentieke klank met hierdie unieke vertoning aan die Atterbury teater bekend. Die man-en-vrou duo, Jattie en Ilse de Beer, bring met díe nuwe Afrikaanse musiekgroep jare se afsonderlike ervaring in die musiekbedryf saam in ‘n vars akoestiese aanslag, toonkrul harmoniee en eerlike lirieke wat beloof om aandag te trek. Buiten hulle oorspronklike musiek (soos onder andere gehoor in die Mooirivier film) kan gehore ook verwag om bederf te word met nuwe akoestieke verwerkings van bekende liedjies.

October 18 @ 16:0017:30

R130 – R150

Atterburyteater