13 April, 21:0021:40 

R140 – R180

Vir die afgelope nege jaar het talentvolle musikant en meester kitaarspeler Mel Botes gehore regoor die land verlei met sy hoogs toegejuigde musiek-opvoerings in twee Pink Floyd huldeblyke, Crazy Diamond en Dark Side of the Moon en later sy huldeblyk aan Dire Straits – Sultans of Swing.

Nou gaan hy op publieke aanvraag sy volgende hoofstuk in sy huldeblyk aan Dire Straits-reeks genaamd “Private Investigations – A Tribute to Dire Straits – Chapter II” aanbied.

Gehore kan dieselfde noukeurige akkuraatheid, dieselfde verruklike Botes-aanslag en egtheid van hierdie virtuoos verwag. Hierdie vertoning sal vir die eerste keer by die Atterbury Teater opgevoer word.

Die vertoning sal ’n hele nuwe keurspel van lokettreffers in ’n oorspronklike en vermaaklike manier met visuele materiaal as agtergrond en skouspelagtige beligting op die verhoog vertoon!

Atterburyteater