“Die Woema van ‘n Windgat Wyfie” met Shaleen Surtie-Richards gaan beslis Suid-Afrika verower. Dit volg in die voetspore van die gat-trilogie (Windgat, Banggat en Jou gat my Skat!). Dis skreeusnaakse komedie met diepte. Dit bekyk die mensdom en verhoudings vanuit die perspektief van die windgat, en spesifiek die windgat-vrou.  Jy herken jouself en jou medemens in die lewensgetroue situasies. Dit steek die draak met, maar gee ook hoop, vir al die gatte daar buite. Werk “Woema van ‘n Windgat Wyfie” in jou beplanning in. Shaleen se woema gaan jou op sleeptou neem.

Atterburyteater: 22 Augustus, 20:00 – 21:30