Met ‘Drie Vriende’ kry gehore ‘n besondere kykie na die wye verskeidenheid gedaantes van Chris Chameleon, Suid-Afrika se geliefde verkleurmannetjie. Buiten sy eie, buitengewone aanbieding van musiek en fassinerende verhale, verskyn die vlamwarm jong digter Daniella Deysel saam met Chris Chameleon om sy 2014 album bekendstelling ‘Posduif’, ‘n versameling van sy toonsettings van Deysel se aangrypende werk, te vertolk. Die derde been van ‘Drie Vriende’ is die partytjie opskop doef-doef skollie Sarel Fourie wat ook sy verskyning maak om gehore by ‘Drie Vriende’ te trakteer in ‘n produksie wat n wye verskeidenheid van humor, erns, sielsmusiek en loslittige vermaak waarborg!

Atterburyteater: 7 Augustus 20:00 – 21:30