Vanaand by die Atterbury Teater kan jy op ‘n positiewe manier meer kom leer oor ‘n onderwerp wat baie van ons lewens raak, naamlik kanker. Meer Suid-Afrikaners as ooit tevore sneuwel op die kankerslagveld, maar vroeë ontdekking red lewens, so hoe meer ons weet, hoe beter ons kanse om indien die monster sy kop uitsteek dit te beveg, en te oorleef. Cancer.vive is ‘n spesiale bewusmakings en voorligtingsprojek van die organisasie People Living with Cancer, en hul bied vanaand se Celebrating Life Comedy Night aan. Mathys Roets en CH2 verskaf die vermaak. Vir meer inligting en om te bespreek, bel 012 471 1700.

Comedy Night Poster