1 September, 20:00 – 21:40 

R150

Catharina maak haar verskyning op die Atterbury Teater se planke met haar debuut vertoning en CD-vrystelling, “The Untamed Pure”. Die produksie is gevul met oorspronklike musiek wat ’n nuwe dinamiek vertoon in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie. “The Untamed Pure” sal ’n belowende aand wees met uitstekende kunstenaars en talentvolle musiekante wat Catharina op die verhoog metgesel, asook gaskunstenaar Franco Prinsloo.

Die musiek en lirieke, gekomponeer en geskryf deur Mitha Catharina Lubbe, is ’n innerlike refleksie van die kunstenaar wat sal aanklank vind by jonk en oud. “The Untamed Pure” is ’n volkleur elf snit album, met invloede soos Enya, Florence and the Machine, klassieke musiek en 1980’s pop musiek.

Vir meer inligting oor Catharina besoek haar webtuiste by www.thecatharina.com Albums beskikbaar op die aand.

Atterburyteater