3 May, 12:00 – 13:30 en 19:30 – 21:00

R50 – R120

The Young Ambassadors het in 1970 hul wêreldwye debuut by die Osaka World Expo gemaak en het sedertdien gehore regoor die wêreld vermaak.

Hierdie jaar bring hulle ’n verfrissende nuwe vertoning genaamd “Heartsongs – Melodies of Love” na gehore. “Heartsongs” is ’n verfynde en opwindende musikale produksie wat die beste Broadway met gunsteling internasionale treffers en liefdesliedjies van elke genre meng. Met liedjies van bekroonde Broadway musiekblyspele soos Mammia Mia!, Cinderella, All Shook Up, en Jersey Boys; en spog met internasionale treffers deur The Beatles, Elvis Presley, Michael Bublé, Adele en Michael Jackson.

Live musikante skep ’n energieke uitvoering op die verhoog. Jy sal dansstyle van klopdans tot die gesinkopeerde ritmes van die Karibiese Eilande ervaar, en die volgende generasie van komtemporêre klanke en choreografie geniet. Deur kleurvolle kostuums te dra en die verhoog met ’n kaleidoskoop van dans en musikale style te vul, sorg The Young Ambassadors se konserte vir ’n kykie na hul unieke visie van internasionale ooreenkoms, wat van dekades van goedgesinde wêreldtoere getuig.

Kunstenaars:

Sing& Dans:Jacob Brown, Matthew Davies, Tanner DeWaal, Tanner Forbes, Scott Hendrickson, Caleb Jenson, Taylor Stanger, Preston Taylor, Seth Taylor, Cassie Austin, Kyla Threlfall Brown, Kaushay Colvin, Whitney Hatch, Carolyn Keller, Emily Lyons, Hannah Pyper, Megan Sackett, Ellie Smith,Haley Wawro

Band: Michael Biancardi, Skyler Black, Sam Evans, Joseph Facer, Zach McKenzie, Jordan Saltmarsh, Christian Wawro, Josie Layton, Schuyler Mickelson, Kelly Oia

Vermaak vir die hele gesin. Daar is twee vertonings op 3 Mei 12:00 & 19:30

Atterburyteater – 12:00

Atterburyteater – 19:30