11 Desember, 20:00 – 21:30

R160 – R180

Barry Hilton, Suid-Afrika se gunsteling komediant tree op 11 Desember op by die Atterbury Teater. Sien uit na ’n aand van lag tot jy uitasem is! Voor hy ’n woord geuiter het, skaterlag die gehoor reeds van  sy  gesigsuitdrukkings en bewegings op die verhoog.

Hy is nooit vulgêr of gemeen nie maar altyd snaaks. Geslagte ken hom as ’n “gentleman” kunstenaar met foutlose, komiese tydsberekening en ’n meesterlike waarnemingsvermoë wat niks mis nie. Sy unieke vermoë om aan te pas, te herskep en ontwikkel verseker steeds ’n verbasende loopbaan van meer as 35 jaar.

Geslyp deur die komedie wêreld van Londen tot Hong Kong laat Barry enige gehoor, deur sy magies sjarme en slim humor vinnig skaterlag. Gehore verlaat die teater stress vry, gelukkig en ontspanne.


11 Desember, 20:00 – 21:30
 Atterburyteater