5 Mei, 20:00 – 22:00
6 Mei
, 20:00 – 22:00

R150 – R170

Gordel solank jou maag vas want jy kan n spier of twee beseer wanneer jy na Casper De Vries se nuutste vertoning Alive & Vrolik gaan kyk .

Casper de Vries beskryf sy vertoning Alive & Vrolik as meer teatraal en intiem as vantevore. Hy het die einste vertoning reeds aan vol sale by die Silverstar Casino asook Monte Casino aangebied.

“Nou gaan ek in my sitkamer wees. Ek gaan op-en-af loop, want ek kan. Dit voel vir my soos my huis,” sê De Vries oor sy vertoning Alive & Vrolik. Ons weet as Casper jou na sy sitkamer nooi, is daar geen reels: ALLES EN ENIGE IETS IS MOONTLIK!

Ek probeer baie van my karakters insluit dat dit ’n lekker spektrum vir almal bied.

Casper het ook die “Comics Choice Lifetime Achiever” toekenning ontvang in 2016 en sy aanhangers is opgewonde om hom terug te verwelkom na ’n breek van 3 jaar! Alhoewel sy vertoning hoofsaaklik in Afrikaans is maak hy ook voorsiening vir sy nuwe aanhangers wat hy vermaak het met “The Casper Radio Show” op Cliff Central. Oplettend, snaaks, absurd, histeries en enige een in sy soort: Casper die Vries is terug in volle vaart en mag nie gemis word nie!

De Vries verskyn ook in ’n fliek “Snaaks Genoeg” einde 2016.

Alive & Vrolik sal in 2017 in verskillende dele van die land aangebied word .

Voorgestelde ouderdoms beperking geen onder 16L

5 MeiAtterburyteater

6 MeiAtterburyteater