Ek het van vroeg af beplan om na skool verder te gaan studeer, in die begin van 2008 (my matriek jaar) het ek toe besef sonder ‘n beurs sal dit nie moontlik wees nie. Dus het ek het begin aansoek doen vir beurse. Ek is gekort lys by Anglo platinum maar het toe op die ou end nie die beurs gekry nie.

Aan die einde van 2008 het ek van ‘n familie vriend gehoor dat Atterbury trust beurse aan voornemende student toeken. Na ek my aansoek ingedien het, het Zahn Hulme met my ‘n ondehoud gevoer. Kort daarna het ek besef as gevolg van Atterbury Trust sal ek wel in 2009 my studies begin.

In 2013 verwerf ek toe my Baccalaureus graad Maganiese Ingeneurswese (B.Eng Mechanical). Dit is te danke aan die finansieele steun van Atterbury Trust dat ek nou ‘n Meganiese Ingeneurs graad agter my naam het.