Helpende Hand het onlangs ‘n reeks Afrikaanse apps bekendgestel wat daarop fokus om kinders te leer lees en skryf, berig Maroela Media op hul webwerf.

Afrikaans is regtig besig om wortels te vestig in die digitale wêreld. Ons het onlangs berig oor Atterbury se betrokkenheid by die ontwikkeling van ‘n Afrikaanse woordeboek-app deur VivA https://atterburytrust.org/n-afrikaanse-woordeboek-op-jou-selfoon/, en nou kan jy selfs jou kinders leer lees met behulp van jou foon!

Die drie apps, naamlik Dieretuinpret, Leespret en Skryfpret, is spesifiek vir Graad 1-leerders ontwikkel. Die apps bied onder meer die voorlesing van ‘n alfabetboek, ‘n Dag by die dieretuin, deur die alombekende kinderboekskrywer, Jaco Jacobs. Die apps bevat ook speletjies vir die skryf van letters en selfs ‘n platform vir opwindende versterkte realiteit (“augmented reality”).

Helpende Hand het die app bekendgestel ook 15 tabletrekenaars aan die Laerskool Du Preez Van Wyk oorhandig vir die gebruik in die skool se graad een-klasse.

Maroela Media het tydens die bekendstelling van die apps met Dr. Lizette de Jager van die Universiteit van Pretoria se onderwysfakulteit gesels oor die belangrikheid van tegnologie vir kinders se ontwikkeling en Annette Taljaard van Helpende Hand vertel ook meer van hoe die apps werk. Luister na die opname van die onderhoud by http://maroelamedia.co.za/blog/goeiegoed/ouerskap/luister-helpende-hand-stel-afrikaanse-lees-apps-bekend/

Die gratis apps is beskikbaar op die Google Play Store en die Apple App Store. Gaan loer gerus hier (http://leesapp.co.za/) om meer daaroor te lees of uit te vind waar jy die apps kan aflaai.

[gdlr_video url=”https://youtu.be/i8UImaZcAM0″ ]