Januarie is amper verby, so die tyd raak min om mense Gelukkige Nuwejaar toe te wens! Vir oulaas hoor ons van mense in die Atterbury netwerk hoe hulle rus en die nuwe jaar aanpak

Danie Niehaus @danieniehaus op Facebook @danieniehausSA op Twitter

Die somervakansie is al amper ‘n verre herinnering! Vertel ons van joune.
‘n Groot hoogtepunt van my vakansie was beslis om uiteindelik my boot reg te kry om op die Breërivier te kan ski. My kort besoeke aan De Kelders, Jongensfontein en Arniston was heerlik ek en kon lekker duik en swem – ek is op my gelukkigste rondom water!

Doen jy soos baie ander ‘n Januarie detoks?
Ek swem bykans elke dag deur die Breërivier en speel gereeld gholf. Vir my “vakansiemagie” moet ek helaas meer doen en die glasies wyn beperk. Ek volg al lankal ‘n proteïendieët, van voor Tim Noakes dit begin aanbeveel het.

Hoe gaan dit met die nuwejaarsvoornemens?
Ek verbeel my elke dag is my laaste en probeer soveel moontlik dinge inpas. Dit sluit natuurlik harde werk in en mens sou seker lekkerder dinge wou doen, maar minstens vorder ek goed deur my taakfles! Dit put my lyf wel uit en miskien moet ek dan meer ontspan. So my nuwejaarsvoorneme is om elke jaar ‘n oorsese reis te onderneem en nuwe plekke te ontdek, want die lewe is so kort en die wêreld is so groot…

So hoe lyk jou reisplanne vir 2015?
Ek beoog om na Rome en die suide van Italië te toer, miskien ook ‘n draai in Tunisië te maak. Ek is dol oor geskiedenis, veral die romeinse en Ou Bybelse geskiedenis. Dan wil ek in Juliemaand van Robertson tot by die mond van die Breërivier by Witsand te roei.

As jy R100 000 wen om op ‘n vakansie uit te gee, hoe sal dit lyk?
Ek sal bogenoemde toer verder uitbrei na Pole, Hongarye en Slowakye, en ook sommer ‘n draai gaan maak by John O’Groats aan die noordpunt van Skotland

Waar kan ons jou volgende sien optree?
Ek sien baie uit na my optrede by Atterbury Teater op 1 Februarie – dit gaan die eerste keer wees dat ek my vertoning “Onthou Jy” aanbied – die tema is natuurlik tyd, en wat ons van elke musiekera onthou. Ons vier ook soos altyd die lewe en die liefde in hierdie vertoning, want dis belangrik om te onthou dat die liefde die grootste geskenk van elke fase in ons leeftyd is – en ons het musiek om dit te vier!

Bespreek vir Danie se vertoning “Onthou Jy” by http://atterburytheatre.co.za/a_events.htm

by Computicket http://online.computicket.com/web/ of bel 0861 915 8000.

STU_2553

Louis John Hüsselman, sanger

Waar was jy vir jou somervakansie?
Vrystaat! Ek het ‘n geseënde feestyd saam met my ouers, my broers en hul gesinne gehad op die plaas in Reddersburg, Suid-Vrystaat.

Hoe gaan dit met die nuwejaarsvoornemens?
Op die stadium maar broekskeur want Januarie is ‘n nimmereindige maand. My voornemens is om te fokus om myself: ek wil fokus op my innerlike emosies, opbouende waarde-toevoeging tot my lewe en die vermindering van oormatige stresfaktore soos finansiële bekommernis en die uitbrand van die siel deur ‘n “pleaser” te te wees ten koste van myself.

Wat is die een ding wat jy hierdie jaar graag sou wou doen?
Dis weer tyd dat ek my kaalvoet voetspore in Swakopmund los.  Ek was bitter lanklaas in Namibia waar my middelbroer en gesin woon. Ek sien uit na ‘n langverwagte Junie- of Julievakansie saam geliefdes.

Hoe sal jy ‘n vakansiefonds van R100 000 bestee?
Duitsland of Rusland, dis een van my groot drome om die musiek, kuns, operahuise en natuurlik die informele uitvoerings deur kunstenaars op die strate en pleine te beleef. 

… en Atterbury se Karin Dercksenimage1

Wat was die hoogtepunt van jou somervakansie?
Ons was in die Kruger Wildtuin waar dit ongelooflik warm was, maar ons het wonderlik baie diere gesien, die hele vakansie wasfantasies.

Hoe gaan dit met die nuwejaarsvoornemens? 
Dit gaan baie goed met die nuwejaarsvoornemens, dankie!

Hoe raak jy weer gebalanseerd na die feesgety se oorvloed kos en drank?
Ek gaan gereeld gym toe en het suiker uitgesny…

Wat is die een ding wat jy hierdie jaar graag sou wou doen?
Ek sal graag die Kgalagadi Transfrontier Park wil besoek, dis nog altyd ‘n groot droom van my (dit sal seker in die winter moet gebeur).

Die vakansie is skaars oor, maar gestel jy wen nou R100 000 wat jy in 2015 op ‘n vakansie moet uitgee, waarheen sal dit wees en saam met wie?
Ek sal die hele familie saamvat vir ‘n lang seevakansie!

Wat is jou wens vir Atterbury Trust vir 2015? 
Ek hoop dat ons ‘n merkwaardige verskil in ons mense se lewens kan maak.