31 Januarie 2020, 20:00 – 22:00
1 Februarie 2020, 20:00 – 22:00
2 Februarie 2020, 15:00 – 17:00

R250

Die nuwe Lefra-klug, My Oom se Vrou se Plekkie, onder regie van Frans Swart, speel by vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Cobus en Estelle Venter het die teks vertaal en verwerk. My Oom se Vrou se Plekkie spog met van die land se mees talentvolste akteurs – Etienne du Plessis, Johan Joubert, Marissa Claasen, Ana van Achterbergh, Botha Enslin, Jennifer Myburgh, Francois van Rensburg, Elma Potgieter en Zita Pretorius. My Oom se Vrou se Plekkie speel af in die baie elegante dakwoonstel in Melville van Phillip en Jeanette Martins. Die woonstel is pas opgeknap en het grootliks leeggestaan. Phillip is ’n baie eerbare kinderboekuitgewer, en deel ’n kantoor met sy venoot Henry Loots, op die grondvloer van dieselfde gebou. Phillip stem teen sy sin in dat Henry die woonstel een aand leen om sy nuutste vriendin te “vermaak”. Terselfdetyd word Jeanette deur Linda, Henry se vrou, oortuig om dieselfde woonstel vir haar te leen sodat sy haar nuutste minnaar kan trakteer. Maar wat niemand weet nie, is dat die binnenshuiseversierder, wat die afgelope drie maande aan die wooonstel gewerk het, besluit het om vir die au pair, Sylvie, die nuwe, ronde bed te wys. En ja, dit alles gebeur op dieselfde aand!

Frans Swart sê dat My Oom se Vrou se Plekkie seker die “malste” klug is wat Lefra nog aangepak het. “Ons hele span moes werklik baie kop hou met die een, want deure klap toe, mens kruip weg in kamertjies, misverstande is aan die orde van die dag en soos dit die klug behaag, gaan mense beslis vir twee ure heerlik kan lag,”sê Swart. “Mense wil nie meer wroeg as hulle teater toe gaan. Mense wil ontspan en dis juis hoekom ons klugte so gewild is. Vir twee ure, sien jy daar is ander mense wat meer moeilikheid as jy het. En die lekkerte is dat jy nog vir daardie ouens kan lag!”

Kunstenaars: Marissa Claasen, Etienne Du Plessis, Botha Enslin, Johan Joubert, Elma Potgieter, Janè Swanepoel, Anmari Van Achterbergh, Jennifer Myburgh, Francois Van Rensburg

 

31 Januarie 2020, 20:00 – 22:00 – Atterburyteater
1 Februarie 2020, 20:00 – 22:00 – Atterburyteater
2 Februarie 2020, 15:00 – 17:00 – Atterburyteater