Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings
Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 862 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2024 is daar ongeveer 160 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.
Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2025 word in Oktober 2024 gefinaliseer.
Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste
*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.
Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]
Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.
Hallo Zahn
Dankie vir jou dankie! Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!
Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie. Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!
Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het. Deel dit gerus om ander ook te inspireer!
Groete
Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder
Studente Stories
Die hart van ’n entrepreneur
Atterbury Trust se beursprogram het oor die jare meer as 700 studente se lewens verander deur buite-bereik tersiëre studies moontlik [...]
Om kinders te help
Johannesburger Nikita Steyn het al op jong ouderdom besluit sy wil eendag met kinders werk, en sy is stap [...]
“My droomberoep is myne!”
Vandat sy ’n meisietjie was, het Martel Myburgh graag “mooigemaak”, maar dis eers toe sy hoor van Isa Carstens [...]
Die toekoms is vroulik
Om Vrouemaand af te sluit, het ons gesels met vier Atterbury Trust beurshouers – twee huidig en twee histories – [...]
Ligte, kameras… aksie!
Relatief min van ons Trust-beursstudente studeer in kuns-rigtings, so dit is nie dikwels dat ons met ‘n alumnus kan gesels [...]
Die lang pad na Dokter Dokter
Dit is so bevredigend om ons beursstudente te volg soos hulle as alumni hul eerste treë in die arbeidsmark gee. [...]
Ons eie Florence Nightingales
In ons onlangse geskiedenis was daar nie nóg ’n tyd toe gekwalifiseerde gesondheidswerkers meer belangrik was as die huidige Covid-19 [...]
Grendel-graadvang as dit moet!
Grendeltyd het studente besonder hard geslaan, en vir diegene wat vanjaar graadvang, het dit onder meer beteken hulle kon nie [...]
Van Rustenburg tot die wêreldverhoog
Atterbury Trust beursfonds-alumni Casper Claassen se ondersoekende brein en diepgaande belangstelling in hoe regeringsbeleid sosiale opheffing en ontwikkeling teweeg kan [...]
Die wonder van ’n hele nuwe wêreld
Wat gebeur as jy ’n Karookind van ’n stowwerige, droogtegeteisterde plattelandse dorpie verplaas na lowergroen Stellenbosch, om haar toekoms [...]
Sien die lewe deur nuwe lense
Atterbury Trust is baie trots op die amper 500 studente wat oor die afgelope 21 jaar met die hulp van [...]
Agt onderskeidings, nou pak hy medies
’n Nuwe akademiese jaar bring blink nuwe Atterbury Trust beurstudente na vore … en watter voorreg om te weet ons [...]