Toe Atterbury Trust onlangs deur middel van Jacaranda FM se Morning Angels segment van die Martin Bester program te hore kom van die skenking van WeBuyCars aan Harmonie Oord om hulle hysbak te herstel, het hierdie Pretoriase liefdadigheidsorganisasie dadelik besluit om ook R50 000 te gee. Maar die goeie nuus het nie hier opgehou nie…

Zahn Hulme, uitvoerende trustee van Atterbury Trust verduidelik: “Atterbury identifiseer met die fantastiese Jacaranda FM Morning Angels platform wat mense en maatskappye verbind met dié in nood. Ons doen dit self ook by Atterbury Trust, wat dit natuurlik perfek maak pas. Ons gee almal om vir behoeftiges.”

Sonder dat Harmonie Oord dit geweet het, was daar verdere goeie nuus tydens Zahn se onderhoud. Sy verduidelik: “Een van ons vennote in ander inisiatiewe is Vibro Bricks. Toe ons hulle vertel van wat nodig is het hulle dadelik ’n verdere bedrag van R50 000 bewillig. Herman Marx van Vibro Bricks het onmiddelik besluit om nog R50 000 bo en behalwe die R100 000 van WeBuyCars en Atterbury Trust te gee. Dit beteken Harmonie Oord se ou mense is nou verseker van ’n werkende hysbak.”

Zahn het ook ander eiendomseienaars en ontwikkelaars in Pretoria gevra om by te dra, want die ou mense van Harmonie Oord het gereeld fondse nodig.

Dit was ’n goeie oggend van wonderlike nuus vir Harmonie Oord, moontlik gemaak deur Jacaranda FM Good Morning Angels, WeBuyCars, Atterbury Trust en Vibro Bricks.

Luister hier na die Martin Bester Good Morning Angels program-insetsel op Jacaranda FM: