CampusKey verskaf premium verblyf aan studente by ‘n groeiende aantal Suid-Afrikaanse universiteite, en het saamgespan met Atterbury om twee van ons beursstudente te help met akkommodasie. Ons hoor meer by Leon Howell, besturende direkteur van CampusKey

Hoe het CampusKey en Atterbury begin saamwerk?
Ek en my vier CampusKey vennote het oor baie jare, in ons eie hoedanighede, ‘n sterk verhouding opgebou met Atterbury, Louis en Zahn. CampusKey se verblyf bied ‘n lewenstyl aan studente om hul die beste kans te gee vir akademiese sukses en met die noue betrokkenheid by die welsyn van ons studente, maak dit net sin dat CampusKey hande vat met Atterbury.

Hoe en wanneer het CampusKey ontstaan?
Die maatskappy is gestig In 2012, nadat Neno Haasbroek, Antoin van Rensburg, Mark Mouton en Chris Heunis ‘n gaping in die mark geïdentifiseer het: veilige studente-akkommodasie wat ook ‘n dinamiese studentelewe bied. CampusKey het in ‘n relatiewe kort tyd tot die markleier gegroei.

Waar is julle oral?
Ons bied leefstyl fasiliteite by meeste universiteite in Suid-Afrika en is reeds in Stellenbosch, Pretoria, Bloemfontein, Potchefstroom en Port Elizabeth. Ons sal gereed wees vir innames by UCT in Kaapstad aan die einde van die jaar.

Hoeveel studente landwyd bly in CampusKey verblyf?
Tans huisves CampusKey amper 2 500 studente en dit sal groei na 3 400 in 2017, met ongeveer 1 000 ekstra beddens wat ons jaarliks byvoeg.

Hoe werk ‘n CampusKey “koshuis”, of hoe noem julle dit? Wat behels die akkommodasie: is daar byvoorbeeld ‘n “huismoeder” soos by ‘n koshuis?
Mens kan dit meer sien as ‘n “studentehotel”. Studente woon by ons gedurende die akademiese jaar, van ongeveer middel Januarie tot vroeg Desember. Daar is ten volle gemeubileerde kamers, in meeste gevalle ‘n en suite badkamer, kombuis, TV met DSTV, gimnasium, wassery, ‘n klubhuis vir sosiale aktiwiteite, studieruimtes, sekuriteit, Internet en parkering. ‘n Student hoef slegs beddegoed, eetgerei en breekware saam te bring, en kan kies uit verskeie opsies, van private eenslaapkamers tot vier- en vyf-slaapkamereenhede met ‘n verskeidenheid kombuis- en badkameropsies. Ons het ‘n “pick a buddy” stelsel waar studente hul kamermaats self kan kies. Meisies en ouens bly in dieselfde geboue maar nie in dieselfde eenhede nie. Ons het ‘n bestuurspan by elke kampus wat 24/7 beskikbaar is, en wat tesame met ons huiskomitee (wat studente self kies) die kampus bestuur en die huisreëls toepas.  Ons hoofkantoor in Stellenbosch bied ondersteuningsdienste aan die kampusse, insluitende ‘n sentrale beheerkamer wat bydra tot sekuriteit en wat ook studente in nood ondersteun.

Watter voordele bied CampusKey-verblyf vir ‘n student?
Wat ons uniek maak in die mark is dat ons ‘n lewenstyl bied waar studente akademies kan presteer, kan oefen, gesond kan leef, sosiaal kan integreer en hul studentelewe in ‘n veilige omgewing kan geniet. CampusKey se fasiliteite is oral loopafstand vanaf die kampus, maar ons is ook fietsvriendelik, met veilige fietsloodse, so dis nie vir ons studente nodig om ‘n motor te hê om aan universiteitsaktiwiteite te kan deelneem nie.  Die verblyfkoste sluit alles in, ook water en elektrisiteit, en daar is betalingsopsies – eenmalig, per semester, of per vyf aftrekorders. By CampusKey kom die student eerste.

Hoe besluit julle watter Atterbury studente die gratis verblyf kry?
CampusKey laat dit oor aan Atterbury se beurskomitee om te besluit. Atterburybeurse sluit klasgeld en boeke in, maar nie verbyf nie. Van tyd tot tyd is daar ‘n geval van ‘n verdienstelike kandidaat wat werklik hulp nodig het met borgskap vir akkommodasie en dis waar ons nou inkom. Daar is reeds een student geplaas in by ons Potchefstroomkampus.

Vir meer inligting oor CampusKey Student Living, besoek www.campuskey.co.za. “Like” gerus CampusKey Student Living op Facebook.