Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief (MOI)
Bestuur deur Atterbury Trust
MOI is ’n hoërskoolbeursprogram wat gerig is op omvattende ondersteuning aan behoeftige, bruin Afrikaanssprekende leerders met sterk leierseienskappe, goeie karakter en die wil om te leer en presteer.
Loopbaanvoorligting-en beplanning ’n leierskapontwikkelingsprogram, holistiese welstandprogram, mentorskap, vakansiewerkgeleendhede en intesiewe leerderondersteuning dra by tot die suskses van leerders en ondersteuning aan hulle families. Na vyf jaar is daar meer as 90 leerders met ’n slaagsyfer van 100% in die 14 hoërskole in die wynlande ondersteun.

MOI nuus
Vroeg begin spel sukses
Atterbury Trust se Moedertaal Ontwikkelings Inisiatief (MOI) begin die proses om bruin Afrikaanssprekende kinders tot op universiteitsvlak te mentor reeds [...]
Somme maak vir sukses
Wiskunde is so dikwels ’n struikelblok vir skoliere, en dis een van die oogmerke van Moedertaal Ontwikkelings Inisiatief (MOI) [...]
MOI besoek Hugenote Kollege
Hierdie Jeugdag het Atterbury Trust Wes-Kaap en Moedertaal Ontwikkelings Inisiatief (MOI) ’n groep leerders op ’n uitstappie geneem wat vorentoe [...]
MOI se jeug-ontwikkeling in aksie
Deel van die holistiese MOI beursprogram vir Afrikaanssprekende hoërskoolleerders in die Wes-Kaap is blootstelling aan die arbeidsmark. MOI programbestuurder [...]
MOI by ATKV Redenaars 2023
Tatum Ferrier is een van MOI se beurshouers, en hierdie uitblinker is tans in Graad 11 aan Hoërskool Stellenbosch. [...]
Mooi vordering by MOI
MOI se beursprogram vir behoeftige bruin Afrikaanssprekende hoërskool-leerders is in sy vierde jaar, en die eerste matrieks sal in [...]
MOI se mense: Jenene Petersen
Jenene Petersen het na baie jare die finansiële wêreld vaarwel toegeroep en haar aangesluit by die Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief [...]
Boublokke vir ’n generasie van leiers
Die Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief (MOI) is in 2020 gestig met die oogmerk om bruin Afrikaanssprekende leerders wat leiereienskappe toon [...]
Heraansoeke
en handhawing van vereistes
Daar word van leerders verwag om jaarliks weer vir die omvattende beursondersteuning aansoek te doen deur ’n aansoekvorm en stawende dokumente in te dien. Dit stel MOI in staat om op hoogte te bly van jou nuutste inligting. MOI leerders hoef nie weer die psigometriese toets en onderhoudprosedure te doen nie.
