11 Maart 2020, 20:00 – 22:00

R180 – R220

Na die sukses van die Crazy Diamond produksie en vele versoeke van die publiek, het Mel Botes die tweede hoofstuk van sy Pink Floyd Huldeblyk reeds in 2013 by die Atterbury teater vrygestel en uitverkoop! Dit sal onthou word dat Mel genomineer is vir Liedjieskrywer van die Jaar vir sy liedjie Katryn in die TV reeks “Song vir Katryn”. Hy was ook een van die drie musikante wat vir Nelson Mandela se verjaarsdag by Ellispark in Johannesburg opgetree het in 2005. Hierdie Crazy Diamond vertoning het die afgelope 12 jaar skitterende resensies ontvang as een van die suksesvolste rock bands.

Nou is Mel, een van ons mees talentvolle kitaarmeesters en liedjieskrywers terug op die verhoog met Dark Side of the Moon vir die eerste deel van die vertoning en al die gunsteling Pink Floyd treffers in die tweede deel.

Mel Botes se geniale talent kan nie net beskryf word nie, dit moet ervaar word.

Kunstenaars: Mel Botes, STORM Produktionz

11 Maart 2020, 20:00 – 22:00 – Atterburyteater