8 Maart 2020, 16:00 – 17:30

R170 – R190

Kevin Leo en Jannie Moolman deel met hulle gehoor die ongelooflike musiek van kunstenaars wat oor dekades heen bekend staan as Crooners. Hul gehoor word bederf met die immergewilde klanke van onder andere Mack the Knife, Spanish Eyes, Delila, Unchained Melody. Ou bekendes soos Dean Martin, Danny Williams, Nat King Cole en Bing Crosby kom loer in en geen viering van die Crooners sal volledig wees as Old Blue Eyes homself nie ook teenwoordig is nie. Kevin Leo en Jannie Moolman het die keuse van hulle Crooner gunstelinge met sorg gekies om vir elke lid van die gehoor ’n hele paar nostalgiese momente te verseker.

Kunstenaars: Kevin Leo en Jannie Moolman

8 Maart 2020, 16:00 – 17:30 – Atterburyteater