BG2

Hoekom help ons?

BG4

Mediese sorg met waardigheid

BG3

Hulp met studies

shutterstock_112295633

Isa Carstens Akademie

Atterbury Trust

Ons gee om

By Atterbury word sukses nie net gemeet aan die groei van eiendomsbates en pragontwikkelings nie, maar ook aan die groei van Suid-Afrika se belangrikste hulpbron – sy mense. ‘n Kerndeel van ons besigheidsfilosofie is om terug te ploeg in die gemeenskap deur geleenthede te skep.

Opvoeding, kultuur, die bevordering van Afrikaans en ’n helpende hand vir minderbevoorregte Afrikaanse mense… dit is die vier wiele waarop die Atterbury Trust loop

LEES MEER

Skenkings

Skenk aan Atterbury Trust

Klik hier (PayFast) om ‘n skenking te maak of gebruik ons bankbesonderhede hier onder.

Rekening Atterbury Trust
Nedbank 1497004187
Takkode 149745

’n Artikel 18 A-sertifikaat sal aan jou uitgereik word vir die belastingvoordele van ’n skenking.

SKENK NOU

Atterbury Trust Video

Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.

“Hallo Zahn

Dankie vir jou dankie!  Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring! 

Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie.  Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!

Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het.  Deel dit gerus om ander ook te inspireer!”

Groete

Lindie Strydom

Nuus

Footloose

In Augustus 2015 spog Hoërskool Garsfontein met hul sewende agtereenvolgende musiekblyspel.  Talle van die talentvolle leerders wat betrokke was by die produksies het na skool...
Read More