As gevolg van die nagevolge van die COVID-19 epidemie, die ekonomiese impak van die grendeltydperk asook onsekerheid rondom die datums van beskikbaarheid van eksamenuitslae, moes Atterbury Trust die moeilike besluit neem om aansoeke vir nuwe studente-beurse vir 2021 uit te stel tot Januarie 2021. Geen nuwe aansoeke word tans oorweeg nie.

Donateurs wat ondersteuning aan verkose beurskandidate van hulle keuse via die Atterbury Trust kanaliseer, word steeds aangemoedig om finansiƫle ondersteuning vir daardie kandidate via die Atterbury Trust voort te sit, ten einde vir die Publieke Voordeel organosasie (PVO) belastingverligting in terme van Artikel 18A te kwalifiseer.

Voornemende kandidate wat kwalifiseer vir NSFAS-befondsing word aangemoedig om vir daardie aansoek te doen wanneer NSFAS-aansoeke oopmaak vanaf 1 September tot 30 November 2020.

Huidige beurse van die 175 Atterbury Trust studente wat reeds studeer, bly steeds in plek tot die voltooiing van graadstudies.