13 Desember 2019, 20:00 – 21:30

R200 – R220

FESTIVE FAVOURITES met Rocco de Villiers en Lizelle le Roux

Die gewilde pianis Rocco de Villiers en die talentvolle violis Lizelle le Roux gaan op 13 Desember by die Atterbury Teater produksie aanbied met al die mooiste musiek vir die Kersfees seisoen en einde van die jaar vakansie tyd.

“FELIZ NAVIDAD”, “MARY’S BOY CHILD”, “All I WANT FOR XMAS IS YOU” en die immergroen liedjies soos: “LITTLE DRUMMER BOY”, “SILENT NIGHT”, “WHITE CHRISTMAS” en “SOMERKERSFEES” is van die juwele in hierdie pragtige program om jou voor te berei om te begin ontspan vir die vakansie en jou Nuwejaars voornemens te bedink!

Na ’n jaar van globale ekonomiese en sosiale probleme is die beste medisyne nog steeds die klank van musiek. Beeldskoon, vermaaklik en kos vir die siel. Rocco se splinternuwe album Beautiful Beautiful Xmas sal te koop wees – die ideale Kersfeesgeskenk.

Kunstenaars: Rocco de Villiers & Lizelle le Roux

13 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater