Atterbury Trust se Moedertaal Ontwikkeling Inisiatief (MOI) het vanjaar sy heel eerste twee matrikulante opgelewer, en daar is groot trots in MOI geledere oor hoe ver hierdie twee meisies alreeds gevorder het sedert hulle as bangerige Graad Aggies by die hoërskool ingestap het. Desny Claassen deel haar storie met ons.

As een van MOI se eerste twee matrikulante sal jy altyd onthou word in enige geskiedenis van MOI in die toekoms. Kan jy een van jou gunsteling herinneringe aan jou MOI jare met ons deel?
Sjoe, ek het so baie mooi herinneringe wat ek koester. Net sommer een onlangse gunsteling was die geleentheid om deel te neem aan kunsbeeldhou. Ek het iets met my hande gevorm en uit my hart geskep. Die beeld mag in iemand se huis beland wat my skepping waardeer en bewonder.

Hoe het jou paadjie jou tot by MOI gebring?
Tannie Wilma en Oom Theo Geyser van Invia Gemeente het vir my aansoek gedoen by MOI vir ’n hoërskoolbeurs. Die beurs het my in staat gestel om by my droomskool te matrikuleer. Ek en my oudste suster was in die kinderhuis vandat ek vier jaar oud is. Ons het met ses ander kinders in die kinderhuis gebly met tannie Jolene as ons huismoeder/voog. Ek het twee voogmoeders gehad vandat ek in die kinderhuis tuis was – tannie Rosie en tannie Jolene. En vandag is ek 18 en sluit my hoërskool-hoofstuk af!

By watter hoërskool het jy skoolgegaan en is daar iets wat jy gaan mis omtrent skool?
Ek was by Hoërskool Stellenbosch, in die koshuis, waar ek geleer het om binne ’n struktuur te werk en my dag daarvolgens te beplan. Dit het my weer geleer om mooi te dink voor ek optree. En ja, ek gaan beslis my skool en onderwysers mis, wat my gemotiveer en ondersteun het. En natuurlik ook al my skoolmaats en ook die standvastige struktuur wat die koshuis gegee het.

Hoe het die MOI holistiese ontwikkelingsprogram verander hoe jy jou lewe benader?
Ek is so dankbaar vir die vyf jaar se ondersteuning en die MOI familiewaardes wat my gehelp het om goeie keuses te maak. MOI het my gehelp om te besef dat ek ’n stralende persoonlikheid het wat ek tot my voordeel moet gebruik om my roeping uit te leef. Ek was gewoond om altyd alles op een slag te wou doen, en MOI het my gehelp om stap-vir-stap dinge aan te pak en dit af te handel – soos om ’n olifant te eet, een happie op ’n slag!

Ek het ook die dieper betekenis van my hande besef met my deelname aan die beeldhou-kunsklas. Ek het besef ek het skeppende hande wat my unieke storie kan vertel.

Wat was die grootste uitdaging tydens jou hoërskool-loopbaan en hoe het jy dit oorkom?
Ek het met hoërskool begin tydens Covid, wat ’n baie tawwe tyd in my lewe was.

Die eerste jaar by Hoërskool Stellenbosch was ’n groot aanpassing en die skuif vanaf die kinderhuis na die koshuis met baie meer kinders was nie maklik nie. Maar die maats in die koshuis en die sosiale interaksie met ander kinders het my baie gehelp, en ek het regtig my stem gevind deur drama en die verhoog.

Ek het uitdagings met my geestelike gesondheid gehad so dit was nie altyd eenvoudig om op skoolwerk te fokus nie, maar gelukkig het ek ’n goeie ondersteuningsnetwerk wat my deur hierdie tydperk gehelp het.

As een van MOI se eerste twee matrikulante sal jy altyd onthou word in enige geskiedenis van MOI in die toekoms. Kan jy een van jou gunsteling herinneringe aan jou MOI jare met ons deel?
Sjoe, ek het so baie mooi herinneringe wat ek koester. Net sommer een onlangse gunsteling was die geleentheid om deel te neem aan kunsbeeldhou. Ek het iets met my hande gevorm en uit my hart geskep. Die beeld mag in iemand se huis beland wat my skepping waardeer en bewonder.

Hoe het jou paadjie jou tot by MOI gebring?
Tannie Wilma en Oom Theo Geyser van Invia Gemeente het vir my aansoek gedoen by MOI vir ’n hoërskoolbeurs. Die beurs het my in staat gestel om by my droomskool te matrikuleer. Ek en my oudste suster was in die kinderhuis vandat ek vier jaar oud is. Ons het met ses ander kinders in die kinderhuis gebly met tannie Jolene as ons huismoeder/voog. Ek het twee voogmoeders gehad vandat ek in die kinderhuis tuis was – tannie Rosie en tannie Jolene. En vandag is ek 18 en sluit my hoërskool-hoofstuk af!

Hoe lyk jou planne vir 2024?
Ek het die wonderlike nuus gekry dat ek aanvaar is vir ’n Atterbury Trust beurslening sodat ek verder kan studeer! Ek kan nie genoeg dankie sê vir die geleentheid nie. Ek wil graag onderwys studeer, en ek het aansoek gedoen om B.Ed aan Universiteit van Stellenbosch of Universiteit van Wes-Kaap te swot. Dit was nog altyd my droom om met kinders te werk en hulle te help om ook hulle drome na te volg en hulle inspireer dat hulle wense ook soos myne kan waar word.

As jy iets vir die 2024 MOI Graad 8-beurshouers kon sê, wat sou dit wees?
My raad sou wees: wees sosiaal met die ander kinders in die koshuis, en bly gefokus op jou akademie en jou toekoms. Sterkte en moenie hoop verloor nie!

Atterbury Trust staan verdienstelike studente by met studiebeurslenings wat befonds word deur donasies en effektief bestuur word deur die Trust. Desny sal haar aansluit by ongeveer  800 studente wat reeds hul tersiêre opleiding voltooi het te danke aan ons groothartige skenkers en wat vandag hul plek vol in die samelewing volstaan. Ons verwelkom alle bydraes – kliek hier vir meer inligting. Donasies aan MOI-leerders via die Atterbury Property Foundation NPC kwalifiseer ook vir ’n B-BSEB sertifikaat.