Dankie sê briewe
Ek wil net baie baie dankie sê vir alles en dat julle die beursfunksie-aand so lekker vir ons gemaak het. Dankie dat ek deel kan wees van julle, en vir die geleentheid wat julle vir my gegee het.
Groete
Bianca Bosman
Ek wil net weereens baie dankie sê vir ’n wonderlike beursfunksie-aand. Soos gewoonlik het julle julself oortref.
Ek is baie bly om deel van die Atterbury-familie te kan wees.
Vriendelike groete
Altus Bisschoff
Liewe Leonie
Ek wil jou en die res van die Atterbury Trustspan bedank dat julle altyd die ekstra myl vir ons stap.
Hierdie jaar het ek die voorreg gehad om die Mindfulness– en Beleggingswerkswinkel by te woon. Dit is vir my so spesiaal dat julle ons nie net finansieël bystaan nie, maar ook as mense verbeter terwyl ons saam hierdie pad stap.
Ek wil dankie sê dat julle die geleentheid skep vir ons om oor dinge soos beleggings en aandele te leer in die veilige omgewing van Atterbury. Ek voel ek kan oom Renier vertrou omdat julle hom vertrou. Julle bied vir my geleenthede waaraan ek nooit andersins blootgestel sou word nie. Julle rus my toe met vaardighede en tegnieke wat ek vir die res van my lewe kan gebruik en ek waardeer dit verskriklik baie.
Mag julle so geseënd wees in die laaste deel van hierdie jaar.
Groete
Sheree Michau
Laat dit met julle goed gaan en soos Antie Stienie altyd gesê het – “Bye – for now!”
Liewe Triomfkliniek
Ons was in die loop van 2016 by julle kliniek met ons kleinkinders Chanell en Lehandri Cronjé. Hiermee wil ons julle net op hoogte bring van die twee se behandeling.
Chanell het die oogtoestand strabisme en was nou al drie keer by Steve Biko hospitaal vir oogtoetse en die voorskrif vir haar bril wat sy seker ’n hele paar jaar sal moet dra om haar oog 100% te herstel. Sy kan nou sien in die klas, wat sy voorheen nie kon doen nie.
Wat Lehandri betref het ons na toetse uitgevoer deur Prof Honey van Pretoria Universiteit en Wits Universiteit uitgevind dat sy 47 chromosome het, wat haar uniek maak, en dat die chromosoom wat te doen het met haar gesiggie identies gesplit is.
Sy het op 23 Januarie ’n drie-uur-lange operasie ondergaan wat deur Dr Naidoo by Pretoria Universiteit se mond-afdeling uitgevoer is, en is daarna oorgeplaas na Steve Biko se pediatriese afdeling vir versorging. Gedurende die operasie is daar herstelwerk gedoen om onder andere haar verhemelte te heg, en om haar spraakspiere te verstel. Die operasie was ’n sukses en ons was reeds vir een opvolgondersoek. Sy begin volgende week in Polokwane (waar ons bly) met haar spraak- en arbeidsterapie. Almal wat met Lehandri te doen het, kan baie duidelik al die verskil hoor aan haar spraak en glo my, sy babbel een strook deur!
Ons wil almal wat die behandeling van hierdie twee mensies moontlik gemaak het, opreg bedank en ons groot waardering uitspreek vir die puik diens van die Triomfkliniek.
Ons opregte dank aan almal!
Grootouers
Ettienne
Om ’n student by die Universiteit van Pretoria te kon wees was ’n voorreg. Ek onthou nog toe ek in Graad 12 was, en onseker oor my spesifieke beroepskeuse, toe skryf ek in vir BA Inligtingsontwerp omdat dit een van my belangstellings was. Op die oomblik kan ek nie my lewe indink sonder Inligtingsontwerp nie. Die afgelope vier jaar was maar rof, maar by Tuks het ek geleer hoe om met moeilike kliënte en spertye te werk. Ek onthou nog my sessies met Leonie, my “life coach”, wat deel is van die Atterbury Trust studenteprogram. Ek kon nie wag om die sessies by te woon nie. Hierdie is die beste gedeelte van Atterbury Trust, hulle is nie net ’n maatskappy wat lenings gee sodat jy die studies kan voltooi nie, maar belê ook in die studente wat hulle kies. Bou ’n verhouding. Bou ’n familie.
Beste Zahn & Atterbury-span
Ons wil graag vir Atterbury Trust opreg dankie sê vir jul voortgesette ondersteuning. Dankie vir ’n ongelooflike 2017-feesjaar!
Aardklop is Donderdagaand vereer met die kykNET Fiëstas-toekenning: Gewildste Kunstefees. Sonder julle as ons vennoot sou dit regtig nie moontlik gewees het nie!
Weereens baie, baie dankie.
Ons sien uit na nog ‘n suksesvolle fees in Oktober.
Vriendelike groete,
Delmari van Zyl, Aardklop
Liewe Personeel van Eggbert Eiers
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir julle bydrae, julle ondersteuning help ons om Pikanini ’n beter plekkie te maak. Baie dankie vir die eiers wat ons by julle kry. Die kindertjies is mal daaroor en ons waardeer dit regtig baie.
Dankie weereens vir julle ondersteuning.
Lizal Stander
Area Bestuurder Wolmer
Hanna Charity & Empowerment Foundation
Beste Atterbury Trust,
Vandag kan ek met trots sê dat ek my lening ten volle aan julle terugbetaal het en hiermee ook met blydskap in my hart weet dat dit ‘n deur oopmaak vir die volgende student ná my.
Na vier jaar in die bedryf het ek nie ‘n oomblik se twyfel dat ek met grafiese ontwerp die regte studierigting gekies het nie. Dit is nie net ‘n beroep nie, maar my passie! Dit is ‘n ongelooflike dinamiese bedryf en elke projek is uniek met eindelose geleenthede. Ek streef elke dag daarna om top-gehalte werk die wêreld in te stuur… dis so motiverend en verrykend om in ’n winkel te stap en jou werk op die rakke te sien (beide nasionaal en internasionaal).
Ek is trots om te kan sê dat ek reeds vir vier jaar in ‘n ontwerp-ateljee werk en vanjaar as mededirekteur aangewys is. My werk is al gewys in twee top internasionale verpakkingsontwerp-publikasies (met ‘n derde op pad in 2018) en ook op verskeie ontwerp-webtuistes. Produkte met my verpakkingsontwerpe is in groot kettingwinkels in Suid-Afrika en ook in Europa, China, die VSA en die Karibbiese Eilande.
Ek sal julle nooit genoeg kan bedank vir die beurs nie. Julle het my die kans gegee om na vier jaar trots die wêreld in te stap met ‘n graad in my hand, en julle het die vuur aangedryf waarmee ek my passie verwesenlik het.
Baie, baie dankie!
Tersia Verwey
Medewerkernuus
Wat is ’n vyf-blaar plan?
Leonie du Preez, mentor vir Atterbury Trust se beursstudente deel haar unieke vyf-blaar plan met luisteraars van RSG. Sy verduidelik [...]
Uit noodsaak kom innovasie… en ‘n wen-sakeplan
Nico Basson se slim mediese patent, CastProtect, is gebore uit sy eie nood, en het die beoordelaars van Akademia se [...]
Minder hoender, meer wins… ’n boervrou maak ’n plan!
Aanhouer wen, en Renita Fourie weet alles daarvan! Die Vrystaatste boervrou het met haar slim spin op ’n hoenderboerdery die [...]
Nuwe lewe vir oor-die-muur tegnologie
Atterbury Trust se betrokkenheid as borg van die Akademia Sakeplanprys gee ons toegang tot die mees inspirerende entrepreneurverhale, en Justin [...]
10 Vrae vir Meneer Voetspore, Johan Badenhorst
Johan Badenhorst, veteraan reisiger van die Voetspore reeks, is ook die gereelde seremoniemeester by Atterbury se Versnit musiekfees. Ons vra [...]
10 Vrae met Voetspore se kameraman William Warren
William Warren verfilm al die avonture op die gewilde TV-avontuurrreeks Voetspore, en hy is ook ‘n ou bekende by die [...]
10 Vrae vir Dr Marc Roscher, spesialis dermatoloog en stigterlid van die Triomfkliniek
1. Hoe het jy betrokke geraak by die Atterbury Trust? Ek is deel van 'n pro-bono groep – Triomf – [...]
10 Vrae Met Lindie Strydom, Groot FM handelsmerkbestuurder
1. As medewerker van die Atterbury Trust, wat beteken die trust vir jou? Ek het self vir ‘n hulporganisasie gewerk vir [...]
10 Vrae vir Debbie Cloete
1. Hoe werk jy saam met die Atterbury Trust? Ek is die hoof van Pretoria Boys’ High se kunsdepartement, en [...]
10 Vrae Vir Hendri Myburgh
1. Atterbury is baie trots op jou MTN toekenning vir die beste aandprogram. Hoe is jy betrokke by die werk [...]