Die “Blues Broers” is hier met hul “Skiffle Set” :“Skiffle” is musiek wat gespeel word op tradisionele instrumente soos bv ‘n “tea-chest bass” of ‘n blik wasplank. Die groep bestaan uit: Rob Nagel (Harmonica, baskitaar, sang), Simon Orange (klawers, tea-chest bass, sang), Albert Frost (kitare, sang) en Jonno Sweetman (tromme, blik wasplank).
Hulle is ‘n blues/rock groep wat 25 jaar gelede in klubs en kroeë in Kaapstad begin speel het. Toe hulle begin toer het en hul aanhangers begin groei het, het hulle die “Skiffle set” tot hul vertonings gevoeg.
In 1999 het die groep hul tromspeler, bestuurder en Albert Frost se pa, Frank, verloor aan kanker. In 2006 het hulle opgehou speel, maar is weer in 2009 herenig met nuwe lid, Rob Nagel.
Atterbury teater, 1 September, 20:00 – 21:30