Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings
Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 862 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2024 is daar ongeveer 160 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.
Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2025 word in Oktober 2024 gefinaliseer.
Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste
*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.
Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]
Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.
Hallo Zahn
Dankie vir jou dankie! Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!
Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie. Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!
Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het. Deel dit gerus om ander ook te inspireer!
Groete
Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder
Studente Stories
Investing in the future with the Atterbury Foundation
Atterbury established the Atterbury Foundation in 2007 as a non-profit organisation whose work rolls out in previously disadvantaged communities where [...]
Planne vir ’n skoner omgewing
Petrus Visser is ’n chemiese ingenieurswesestudent in sy tweede jaar by Tuks, en soos al ons Atterbury Trust beursstudente is [...]
Aanhou bou na ’n beter toekoms
Alles gebeur met ’n rede, glo beursalumna Anieka Malan, wat nog nie teruggekyk het sedert sy Kaap toe getrek het [...]
Om pyn te kan verlig
Tweedejaar mediese student Joané Spies het ’n droom om eendag as pynspesialis te kan help om mense in pyn se [...]
Harde werk bewys die doemprofete verkeerd
In Graad 4 is Michelle Volschenk gediagnoseer met aandaggebreksindroom en die terapeut het haar ma aangeraai om haar na ’n [...]
Die “iets” wat die groot verskil gemaak het
Atterbury se nuwe alumniprogram beoog om huidige beursstudente in aanraking te bring met dié mense wat in die beginjare van [...]
’n Prentjiemooi toekoms lê voor vir een van ons nuutste alumni studente
Pieter Burger het in 2017 sy kwalifikasie in animasiekuns by die gesogte Vega-skool ontvang. Hy kon sy kardinale derdejaar suksesvol [...]
Om sin te maak van rande en sente
As jong student weet meeste van ons maar bitter min van finansiële beplanning, en kennershulp is nie altyd maklik bekombaar [...]
“Jy moet die lewe ’n kans gee”
Die beursfonds wat Atterbury Trust administreer, is ’n lewenslyn vir baie jong slimkoppe wat geen ander manier het om tersiëre [...]
Alumni-stories van die Eerste Ses
Soos ons opbou na die 20ste herdenking van die aanvang van Atterbury Trust se beursprogram, het ons van ons eerste [...]
’n Nuwe vennootskap wat werk
Toe die Atterbury Trust bykans 20 jaar gelede sy eerste beursstudente ingeneem het, het niemand ooit kon dink hoe ver [...]
(Spraak)terapie vir die siel
As mens dalk voel die toekoms van die land is bleek en grimmig, hoef jy nie verder as Atterbury se [...]