Atterbury Trust
Rentevrye studiebeurslenings
Ons studente is ons trots; ons belê al vir meer as 25 jaar in die volgende generasie en dit is verblydend om ’n bydrae te lewer en te sien hoe ons alumni-groep groei en toekomstige leiers oplewer. Bykans 862 jong uitblinkers het reeds met Atterbury Trust se ondersteuning die geleentheid gekry om verder te studeer en in 2024 is daar ongeveer 160 studente in die beursprogram. Die aantal aansoeke het in die afgelope paar jaar meer as verdriedubbel en die behoefte is altyd groter as die begroting. Ons eer met dankbaarheid die eksterne donateurs wat in die afgelope paar jaar bydraes gemaak het wat ’n paar addisionele beurslenings moontlik gemaak het.
Dit gaan egter nie net oor geldelike hulp nie. Mentorskap is vir Atterbury Trust belangrik en daarom word verhoudings met ons beursstudente gebou deur middel van gereelde mentorsessies. Ons hou jaarliks beursfunksies in Pretoria, Stellenbosch, Potchefstroom en Bloemfontein en vind dat die informele skakeling beslis die bande met ons studente versterk.
Die kortlys vir Atterbury Trust beursleningaansoeke vir 2025 word in Oktober 2024 gefinaliseer.
Die volgende kriteria vir beursaansoeke word oorweeg:
- Afrikaans as moedertaal
- Finansiële behoeftigheid: Bewyse van salarisse/huishoudelike inkomste is ‘n vereiste.
- Veelsydigheid, dryfkrag en leierskap.
- NSFAS aansoek. Om in aanmerking te kom moet ‘n aansoek ook by NSFAS ingedien wees – NSFAS webtuiste
*Indien jy by ‘n privaat instansie gaan studeer moet jy ook bewys lewer van jou aansoek vir ‘n ander beurs of lening.
Vir enige beurslening navrae kontak: [email protected]
Ken jy ‘n uitblinker wat graag verder wil studeer? Kyk hier na die program oor die Atterbury Trust wat op die Groot Ontbyt verskyn het. Lindie Strydom praat met Zahn Hulme, Leonie du Preez en ook met van die Atterbury Trust beurstudente.
Hallo Zahn
Dankie vir jou dankie! Dit was ‘n maklike kombinasie van ‘n organisasie met sterk fondasie, goeie stories en ‘n kameraspan en regisseur wat dit professioneel en mooi bymekaar bring!
Julle manier van doen is werklik soos ‘n “ingryping” in iemand se lewe – waar julle vir ‘n drie tot vier jaar tydperk intensioneel inbou en inspreek en hy/sy – en ook die mense en die gemeenskap om hulle – daarna nooit weer dieselfde is nie. Ons is ontsettend trots om saam met julle te kan werk en dit wat julle doen te bevorder, waar of hoe ook al ons kan!
Hiermee die skakel na die insetsel wat ons uitgesaai het. Deel dit gerus om ander ook te inspireer!
Groete
Lindie Strydom
GrootFM 90.5 Projekorganiseerder
Studente Stories
In diens van haar medemens
Van kleintyd af wou Atterbury Trust beursstudent Xzania Watkinson ’n verpleegster word, sodat sy mense kon help. Die 23-jarige het [...]
Akademie, en omgewingsbewustheid!
Elke slag as ons met een van ons beursstudente gesels, kom ons onder die indruk van die onbeperkte jong talent [...]
’n Toekoms vol skoonheid
Zoetje Beneke is halfpad deur haar eerste jaar as student aan die toonaangewende Isa Carstens Akademie, en is die eerste [...]
’n Verhaal van hoop en genade
Die lewe het nie vir Felicia Richardson maklik begin nie, en sy het dus nie as klein meisietjie gewaag om [...]
Mooi van buite, sterk van binne
Atterbury Trust se beursstudente is doelgerig, vasberade, en passievol oor hul doelwitte en drome. En terwyl hulle akademies uitblink, is [...]
Harde werk kry al die eer
Atterbury Trust-beursstudente is deur die bank inspirerend, en Simeon Kruger het met sy prestasies by NWU se onlangse prysuitdeling weer [...]
In die spore van Teresa Lister
Die Teresa Lister-toekenning is nege jaar gelede in die lewe geroep om jaarliks die veelsydigste vroulike regstudent by die Universiteit [...]
“Ingenieurswese al meer ’n vrou se wêreld”
Wilmien Uys is ’n finalejaar chemiese ingenieurstudent by die Universiteit van Stellenbosch, en was ook ’n leier by haar koshuis, [...]
Blinde NWU-student en gidshond vang saam graad
Toe Jeanne-Mari Viviers (28) en haar geliefde gidshond, Ebba, onlangs die Noordwes Universiteit se verhoog betree om haar LLBgraad te [...]
Van rekenmeester tot entrepreneur
Alumni soos Dani Viljoen is die rede hoekom dit so ’n plesier is om betrokke te wees by die Atterbury [...]
Bemarking is in haar bloed
Twintigjarige Eltricia Swart is vanjaar in haar derde jaar van BCom Bemarkingsbestuur by die Noord-Wes Universiteit se Potchefstroom-kampus. Sy het [...]
Klaar geswot, steeds deel van die familie!
As Atterbury Trust se beurstudente graad vang, verlaat hulle dalk die universiteit, maar hul bly altyd deel van die Atterbury [...]