Atterbury Klassiek 2023 spog vanjaar met vyf konserte van top internasionale en plaaslike musici.

Hierdie opwindende Klassieke fees vind plaas vanaf 18-21 Mei by die Atterbury teater.

Die vyf konserte sluit in ’n simfoniekonsert met die Phoenix Orkes van Johannesburg op 18 Mei olv Richard Cock met Charl du Plessis as die solis in Symphonic Piano.

Hierdie konsert bevat musiek van Lady Gaga, Bach en Vivaldi asook Mozart en dis die eerste keer wat ’n volle orkes en klavier solis op die verhoog van die Atterbury gehoor sal word.

Op 19 Mei is ’n toneelstuk oor die lewe van die pianis en komponis Clara Schumann te sien, met die bekende pianis Nina Schumann en aktrise Carla Smith in die verhoog –  produksie Clara.

Saterdag 20 Mei is die 2022 wenner van die Atterbury Klavierkompetisie aan die beurt wanneer pianis Isaac van der Merwe ’n pragtige solo uitvoering lewer met werke van Mendelssohn, Haydn en Rachmaninoff.

Die Sondag is daar twee konserte aan die beurt: die internasionale duo paar Maria du Toit (klarinet) en Vera Kooper (klavier) van Nederland bied ’n program van klassieke musiek getiteld she/her.

Hierdie program bevat werke van vroulike komponiste en werke wat minder dikwels gehoor word.

Die Atterbury Klassiek 2023 sluit af op Sondagaand 21 Mei om 19:00 met die wenner van Holland’s Got Talent Amira saam met meester pianis Charl du Plessis in “Mimi sing Mimi”, waar sy en Charl du Plessis hulde bring aan die opera ster Mimi Coertse en haar bydrae tot die Afrikaanse lied, soos O Boereplaas, Die Berggans, Heimwee en vele meer.

Alle besprekings vir Atterbury Klassiek 2023 kan gedoen word deur www.seatme.co.za

Of skakel die teater by 012 942 5951