Die Teresa Lister-toekenning is vanjaar vir die vierde keer op Woensdagaand, 26 Maart 2014 by die UP Regsfakulteit se Erkenning van Prestasietoekenningsaand gedoen. Teresa was in Desember 2009 in ‘n noodlottige motorongeluk en Atterbury het besluit om ter nagedagtenis aan haar jaarliks ‘n toekenning te maak aan ‘n finansieel behoeftig vroulike finalejaar regstudent wat Teresa se kwaliteite weerspieël: uitstaande akademiese prestasie, veelsydigheid en sosiale gewete.
Bruce Lister, Teresa se man, het vanjaar se trofee en beursgeld aan Yukthena Beephan oorhandig. Die volgende ander Atterbury Trust beursstudente wat in die regte studeer, het ook tydens die aand toekennings ontvang:
• Marissa Wessels
• Jean-Ray Pearton
• Danielle de Bruyn
• Magdalena Birkholtz
Die Teresa Lister prys word jaarliks aan ‘n finale jaar finansieel behoeftige vroulike regstudent toegestaan wat ‘n uitstaande akademiese rekord het, veelsydig is en ‘n bewese rekord van gemeenskapsdiens het. Aansoeke kan gerig word aan Vuyisile Smith by [email protected] voor 28 Februarie 2015. Die prysgeld is R20 000.