Daar is ’n nuwe projek onder die vaandel van die Atterbury Trust van stapel gestuur wat broodnodige voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe versprei. Terugploeg, die naam van hierdie inisiatief sê eintlik alles.

Die grendeltyd het baie leemtes in ons samelewing blootgestel. Een is die onvermoë van staatsinstellings om voedsel doelmatig aan almal wat dit nodig het te versprei, veral in ons eie gemeenskappe. Ons het derhalwe besluit om self iets hieraan te doen.

Lood Bester en Herman Marx was instrumenteel met die aanvanklike afskop van die projek en saam met ons vriende in die landbou is begin om op ‘n georganiseerde en verantwoordbare wyse voedsel aan behoeftige Afrikaanse gemeenskappe te lewer. Ons boere het nie teleurgestel nie. Inteendeel, ons is oorval met skenkings in tonnemaat. Vragmotors-vol vars vrugte, groente en wildsvleis is afgelaai.

Die onmiddellike sukses van Terugploeg het ons groter laat droom. Wat van as ons ’n standhoudende organisasie op die been kan bring wat nie net oor die langtermyn voedsel effektief kan versprei nie, maar ook poog om deur werkverskaffing en opleiding gemeenskappe op te hef. Om seker te maak Terugploeg word verantwoordelik bestuur en geadministreer, val dit direk onder die Atterbury Trust, wat oor meer as twee dekades beduidende ondervinding, kundigheid en infrastruktuur rakende die bestuur van liefdadigheid opgebou het.

Faan en Dirk van der Walt van WeBuyCars het ’n perseel beskikbaar gestel wat as Terugploeg se hoofkantoor en verspreidings-, bergings- en verwerkingsdepot kan dien. Die gebou is reeds ontwerp en ons beoog om so gou as Januarie 2021 met konstruksie van die nuwe fasiliteite te begin.

Ons het jou welwillendheid nodig – hetsy as ’n Terugploegboer met ’n oop hart, iemand wat ’n skenking wil maak van kontant, konstruksiemateriaal, voedselverwerkings-toerusting, kombuis-toerusting vir die nuwe perseel, of as ’n persoon wat jou vaardighede in ons werksverskaffing- en opleidings-projekte wil aanbied.

Impak

Terugploeg het tot op hede meer as 68 ton kos ingesamel en uitgedeel wat ongeveer 272 000 etes voorsien het aan mense met nood. Daar is in die eerste jaar van Terugploeg se aktiwiteite meer as 200 ton kos ingesamel en uitgedeel aan mense in nood. Daar word tans ongeveer 50 organisasies en skole tesame met individue in nood ondersteun.

Die lys van organisasies wat ondersteun is, is as volg:

  • Laerskool Generaal Nicolaas Smit
  • Kairos
  • Sonskynhoekie
  • Oud Affie Bond
  • President Kruger kinderhuis
  • Klein Treëtjies kleuterskool
  • Laerskool Kameeldrift
  • Laerskool Westerlig
  • Bronkhorstspruit Ouetehuis (Ons herberg?)
  • NG Kerk Danville
  • Eleos
  • Huis Gracia
  • Harmoniehof ouetehuis
  • Uncle Ben’s Den
  • Laerskool Tygerpoort
  • Booysens Beertjies
  • Verskeie ander individue en kerke met nood.

Fondswerwing

Ons Benodig Fondse

Vind assblief onderstaande ons bankbesonderhede indien u enige skenkings of donasies wil maak.

Bankbesonderhede:

Atterbury Trust

Nedbank

Tjekrekening

Rekening nr: 1497004187

Takkode: 149745

Verwysing: TP (Jou naam en van)

Raak betrokke

(Vul asseblief die vorm hier onder in)

Ons nooi jou uit om deel te raak van van hierdie projek op enige van die onderstaande wyses:

  • Bou-en konstruksiedienste
  • Die skenk van boumateriaal
  • Die skenk van kombuistoerusting
  • Die skenk van vleisbewerkingstoerusting
  • Die skenk van vars groente en vrugte
  • Die skenk van vleis of nie bederfbare kos.
  • Opleidingsdienste vir vleis-en voedselbewerking.
  • Enige ander opleidingsdienste
  • Kontantdonasie

Oor gholf, en oop harte en hande

10 Desember, 2024|Kommentare af op Oor gholf, en oop harte en hande

Gerhard van der Westhuizen en Rayno Strauss het ’n dekade gelede besluit om ’n insamelingsaksie te begin om behoeftige kankerlyers te help met hulle mediese onkostes. Die jaarlikse Survivor Gholfdag is in November vir [...]

Dis jagseisoen by Terugploeg slaghuis!

10 Julie, 2024|Kommentare af op Dis jagseisoen by Terugploeg slaghuis!

By Terugploeg se blokhuis hou die jagseisoen die span besig. Ons hoor meer by Atterbury Trust se finansiële en operasionele bestuurder Ananja Koen en Terugploeg se blokman Branden van Meyeren, een van die Pretorianers [...]

’n Besige herfs by Terugploeg

16 April, 2024|Kommentare af op ’n Besige herfs by Terugploeg

By Terugploeg is elke dag ’n besige dag, en koördineerder Jeanne van der Sande vertel wat alles gebeur soos die seisoene verander en ons hard werk aan die volhoubaarheid van ons bedrywighede… Hoe gaan [...]

Terugploeg hou Kersfees

12 Desember, 2023|Kommentare af op Terugploeg hou Kersfees

Terugploeg het ’n jaar van ploeg afgesluit met ’n laaste groot uitdeel. Ons hoor meer by Terugploeg-koördineerder Jeanne van der Sande.  Dit was gepas om Atterbury Trust se 25ste bestaansjaar af te sluit met [...]

‘n Jaar van groei en gee

19 September, 2023|Kommentare af op ‘n Jaar van groei en gee

Jeanne van der Sande het ’n jaar gelede by Terugploeg begin werk as koördineerder. Sy vertel ons van haar jaar op die grond by Terugploeg. Toe jy in 2022 instap by hierdie nuwe pos, [...]

Terugploeg kry ’n R1.2m inspuiting danksy Wildsfees

26 Junie, 2023|Kommentare af op Terugploeg kry ’n R1.2m inspuiting danksy Wildsfees

Vanjaar het Safari Outdoor hulle gewilde jaarlikse Wildsfees ten bate van Terugploeg gehou. Ons hoor meer by uitvoerende hoof Marco van Niekerk. Hoe het Safari Outdoor by Terugploeg betrokke geraak? Ons ken vir Lood [...]