3 Desember 2019, 20:00 – 21:30
4 Desember 2019, 20:00 – 21:30
5 Desember 2019, 20:00 – 21:30
6 Desember 2019, 20:00 – 21:30
7 Desember 2019, 20:00 – 21:30
8 Desember 2019, 15:00 – 16:30

R260 – R280

Nataniël bied vanaf 3 Desember tot 8 Desember ’n splinternuwe skepping, “LILY REFUSES TO LISTEN”, by die Atterbury Teater aan vir ’n beperkte seisoen van slegs 6 vertonings!

Aan die einde van nog ’n jaar waarin ons gebombardeer is met slegte nuus, verdoemende profesieë, bose politiek, korrupsie, luidrugtige bure, eindelose verkeer, aaklige musiek, eindelose advertering en desperate sosiale media, vier Nataniël persoonlike ruimte, persoonlike keuses, selektief luister, selfsorg en veerkragtigheid.

Weg met die nonsense, in met skoonheid! Weg met partytjies, in met ja, in met nee! Weg met die gewone, in met die ekslusiewe!

“LILY REFUSES TO LISTEN” bied fantastiese stories in Engels en Afrikaans, liedjies uit die skatkis van tydlose blues, jazz en pop, asook oorspronklike liedjies en asemrowende kostuums.

Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (kontrabas) en Peter Auret (dromme).

Kostuums deur Floris Louw.

Kaalkop Kersfees Winkel in die foyer!

90 min.

Geen pouse.

Geen selfone of kortbroeke.

Geen kinder sonder 15.

Kunstenaars: Nataniël, Charl du Plessis, Werner Spies & Peter Auret

 

3 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
4 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
5 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
6 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
7 Desember 2019, 20:00 – 21:30 – Atterburyteater
8 Desember 2019, 15:00 – 16:30 – Atterburyteater