deur Rion Olivier, sentrumbestuurder Garden Route Mall

“Ons kinders is ons grootste skat. Hulle is ons toekoms. Dié wat hulle misbruik trek die gom van ons gemeenskap los en verswak ons nasie,” Nelson Mandela

Met hierdie woorde van Madiba in gedagte het die bestuurspan van die Garden Route Mall hul 67 minute vir Mandeladag aan die skepping van ’n nuwe groetetuin vir die nuut-opgeknapte George Child Welfare Safe House (Sabine’s Haven) in Montague Straat, Blanco gewei. Kaptein Otto het ook ’n draai gemaak om die kinders te besoek terwyl die res van ons gewerskaf het.

Die huis is oorspronklik deur KFM geskenk en die opknapping is deur die Sabine Plattner African Charities (SPAC) gedoen.

Sabine’s Haven word as ’n korttermyn beskermingsentrum gebruik terwyl welsynswerkers omstadighede ondersoek om die beste langtermynoplossing vir die kinders te vind. Klem word op terapieprogramme gelê terwyl kinders in die huis vertoef. Die idee is om uiteindelik weer die kinders met hul ouers te herenig.