Ons het vanjaar ’n rekord aantal B Com graduandi en ’n hele paar regsgeleerdes. Maar dis nie waar dit eindig nie… Die Atterbury Trust het ook ons eerste dokter opgelewer!
Van ’n wildbewaarder en ’n voedseltegnoloog, en ’n programmeerder tot twee kunstenaars, twee onderwysers en twee ingenieurs… verlede jaar se oes van Atterbury afgestudeerdes wat in 2015 die mark betree, is reg om op ’n wye verskeidenheid velde tot die ekonomie by te dra.
Sewentien jaar nadat Atterbury vir die eerste keer studiebeurse toegeken het, het ons aan die einde van 2014 ’n rekordgetal van 53 studente gehad wat grade of diplomas ontvang het. Dit bring die totaal van jongmense wat sedert 1998 met die hulp van Atterbury verder kon studeer tot ongeveer 420!
Sewentien lede van die 2014 groep het besluit dis nog nie klaar met swôt nie, en het teruggegaan boeke toe om vanjaar hulle Honneursgraad aan te pak, en nog een doen vanjaar ’n meestersgraad. ’n Verdere 17 van die afgestudeerdes is tans besig met prakties, internskap of klerkskap. Dit bring ons by 31 Atterbury alumni wat òf reeds ’n beroep betree het, òf hard aan die soek is vir ’n pos.
Klaar geswôt, waar is hulle nou?
Ons 2014 alumni in syfers:
1 student, Elri Wassermann, het MBChB behaal.
4 het by die Universiteit van Stellenbosch geswôt – 3 van hulle het die gesogte BRek LLB-graad behaal.
20 was Tukkies, wat die Universiteit van Pretoria die instansie maak met die meeste Atterburystudente.
21 het B Com geswôt, beslis die gewildste graad, maar die meeste van hulle in ’n ander spesialisrigting – van Finansiële Beplanning en Forensiese Rekeningkunde tot Kommunikasiebestuur en Bemarking.
32 van die graduandi het reeds werk gekry.
31 is meisies, wat die skone geslag met ’n kortkoppie voor maak in die resies om werk te kry met hul nuwe kwalifikasies.
Vinnige feite oor die beursprogram in 2015
63 nuwe beurse is in 2015 toegestaan.
20 instansies regoor Suid-Afrika het tans Atterbury studente by hulle ingeskryf.
Dis die 18de jaar wat Atterbury reeds studente help, en ons het al ongeveer 420 studente meer bekwaam die wêreld ingestuur.
Vanjaar het ‘n Atterbury-student van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) die Kanseliersmedalje vir akademiese prestasie ontvang. Slegs een student per fakulteit kom dié eer toe. Hierdie jaar is die trotse ontvanger Lindie-Alet van Staden. Sy het die hoogste gemiddeld in die wetenskappe fakulteit vir haar diploma in Landskapargitektuur behaal.
Die volgende 53 studente het almal grade of diplomas behaal:
Cheri Barnard, BSc Biologiese Wetenskappe, UP
Michael Badenhorst, B Com Finansiële Beplanning, US
Tine-Mari Barnard, Dip Voedseltegnologie, TUT
Alwyn Birkholtz, B Com (Rek), UP
Simone Boshoff, Dip Sjef, Capital Hotel School
Mario Botha, B Com Agribestuur, UP
Naomi Bruwer, BRek LLB, US
Gaenor Burgers, LLB Regte, NWU
Ian Cilliers, BSc Landbou, UFS
Linda Coffee, BRek LLB, US
Danielle de Bruyn, BA Regte, UP
Marius de Wet, BSc Programmering (Hons), UP
Danica du Preez, B Ed Onderwys, Unisa
Liné Eloff, B Com Rek, UP
Jana Engelbrecht, B Com Finansiële bestuur, UP
Wiehann Fourie, B Com Entrepreneurskap Cum Laude, UP
Ricardo Fonseca, B Com (Rek), NWU
Daniel Gauche, B Ing Siviel, US
Riaan Groenewald, B Com Omgewingsbestuur, UP
Johan Hattingh, Dip Wildbewaarder, Centurion Academy
Beaura Jacobs, Dip Drama, TUT
Magdalena Jacobs, Landbou, Landbou Kollege
Lezaan Kok, B Com Rek, NWU
Natasha Kruger, B Com Finansiële Bestuur (Hons), UP
Marie-Louise Lerm, BRek LLB, US
Mimi Makoena, BA Joernalistiek en skakelwese (Hons), Wits
Carla Maré, B Com Rek, UP
Nadine Naude, BA Skone Kuns, UP
Ricus Notnagel, B Com Regte, NWU
Ulrich Paul, B Com Beleggingsbestuur, UP, Lees meer hier
Tshifaro Phundulu, B Com Rek (Hons) STR, UJ
Pieter Potgieter, B Ed, Unisa
Collin Powell, BA Gesondheidwetenskap Cum Laude, NWU
Mareli Rall, B Com Kommunikasiebestuur, NWU
Rozanne Robertson, B Com Forensiese Rekeningkunde, NWU
Ivan Schoeman, BSc Boubestuur, UP
Kika Smit, BA Drama, US
Michelle Steynberg, Dip Grafiese ontwerp, Open Window
Lee-Ann Swart, BSc Arbeidsterapie, UP
Quintin van der Merwe, B Ing Meganies en Elektries, Unisa
Marcelle van der Merwe, B Com Rek (Hons) CTA, UP
Percival van der Walt, BSc Bourekenkunde, UP
Azaria van Niekerk, Dip Somatologie, Isa Carsens
Lindie-Alet van Staden, Dip Landskapargitektuur, TUT
Riaan van Tonder, B Com Bemarkingsbestuur, Unisa
Madelaine Viljoen, B Com Bemarking, Unisa
Elri Wassermann, MBChB, UOVS
Marizahn Wentzel, BA Menslike Bewegingskunde, UP
Marissa Wessels, BA Regte, UP
Aansoeke vir 2016 se studiebeurse is nou oop. Om meer uit te vind, klik hier
Help ons om nog jongmense die geleentheid te gee om verder te studeer; klik hier om meer te sien oor hoe om ’n skenker te word.