2 Oktober 2018, 20:00 – 22:00

R160

Roan Ash laat jou in jou spore vassteek wanneer jy hom vir die eerste keer hoor sing. Daar is ‘n hoendervleismooi opregtheid en strelende growwigheid in sy stem wat jou uitnooi om verlore te raak in sy sielvolle lirieke…en laat glo dat jy heel moontlik, net vir daardie oomblik, in die hemel is. Na sy uitverkoopte album vrystelling vertoning vroeer die jaar is Roan Ash terug op aanvraag by Atterbury teater! Hierdie ongelooflike talentvolle sanger en liedjiekskrywer gaan weereens sy gehoor WOW met sy “unplugged” vertoning wat onder andere liedjies vanaf sy nuwe album “Whiskey to my soul” gaan insluit asook sy treffer enkelsnit “If I ever saw heaven” wat op treffer parades van radio stasies regoor die land onlangs gehoor kon word. Moenie die kans mis om hierdie sielvolle kunstenaar lewendig te sien nie!

2 Oktober 2018, 20:00 – 22:00 Atterburyteater