26 Mei 2019, 17:00 – 19:00

R280 – R300

Internasionaal Bekroonde Opera Sangers vir slegs een aand in Pretoria.

Op Sondag 26 Mei 219 sal die Atterbury Teater weerklink met die klank van opera arias en duette vertolk deur die Italiaanse sopraan Laura Andreini en van die tenor  Stefan Louw wat in Suid Afrika gebore is, maar internasionaal roem verwerf. Hulle sal begelei word deur Paul Ferreira op klavier.

Andreini het as pianis gegradueer voordat sy haar sang studies by die Rinaldo Franci Institute of Higher Music Education in 2010 voltooi het. Sy het haar debut in 2011 gemaak as Despina in Cosi fan tutte en haar repertoire sluit rolle in soos Gilda in Rigoletto, Adina in L’Elisir en Violetta in La Traviata.

Tenoor Stefan Louw het sy debut in 1998 gemaak by die Pretoria Staats Teater in die rol van Beppe in I Pagliacci. Dit het aan hom die gesogde FNB Opera Toekenning vir beste Nuweling in Opera besorg. Louw het n wye liriese tenor repertoire en fokus nou op die spinto repertoire wat insluit die hoofrol in Werther (Rhoodepoort Teater 2015), Radamas in Aida (Opera de Dijon 2008),Don José in Carmen (Johannesburg Teater 2018) en Pollione in Norma (Opera de Vichy 2008).

Pianis Paul Ferreira is wel bekend by  opera gehore in Suid Afrika. Sy repertoire as repertateur en koormeester sluit in Don Giovanni, Madame Butterfly, Le Nozze di Figaro en vele meer. Met ’n “Performers Licentiate in Vocal Accompaniment” by Unisa is hy ’n vryskut kunstenaar wat ook Musiek en Klavier by ’n privaat skool in Pretoria doseer.

Die konsert by die Atterbury Teater op Sondag  26 Mei begin om  17:00 en die gehoor kan uitsien na ’n wêreldklas optrede van opera arias en duette soos Nessun Dorma en Libiamo. Veelsydige tenor Johann du Toit sluit aan by die opera trio en bring vir gehoor   gunsteling soos Con te partiro (Time to say goodbye).

Beprekings  kan gedoen word op iTickets.

Kunstenaars: Soprano from Florence, Italy – Laura Andreini, Tenor from South Africa – Stéfan Louw, Tenor from Pretoria, South Africa – Johann du Toit, Pianist from Pretoria, South Africa – Pual Ferreira

 

26 Mei 2019, 17:00 – 19:00 Atterburyteater