14 April 2019, 17:00 – 18:30
R180 – R200
Gypsies is van toeka se dae al deel van die mees misterieuse eksotiese mense op aarde. Hulle maak hul lewe as rondgaande musikante en sangers, dikwels ook met groot akrobatiese en “juggler” vaardighede. In die vyftiende eeu het die Gypsies baie mites versprei deur Europa oor hulself. Die grootste van hierdie mites is beskryf in ’n vals Pouslike brief. Die brief het gesê dat die Gypsies nooit in ’n bed sal slaap nie as gevolg van hul kollektiewe sondes en dus as nomade sal leef. Saam met die droewige storie, het die brief diegene wie die brief gelees het beveel om die sigeuners met kos, geld en bier te voorsien en dat hulle nie enige tolgeld of belasting hoef te betaal nie. Sou ons nie almal Gypsies wou wees met soveel voordele nie!
14 April 2019, 17:00 – 18:30 – Atterburyteater