Die waarde van ’n goeie mediavennoot kan nie onderskat word nie en Atterbury Trust het dit gevind in GrootFM 90.5. Die gemeenskapsradiostasie, waarin die Trust ’n 25% aandeel het, het in Augustus 2015 sy eerste verjaardag gevier en ook sy nuwe ontbytprogram, Die Groot Ontbyt, op kykNET bekend gestel. Dit is die eerste televisie/radio hibriedprogram van sy soort ter wêreld. Die Trust span gereeld saam met die stasie om gemeenskapsgerigte geleenthede aan te bied.
Radio nuus
GROOTfm 90.5 Hoop-stootprojek
GROOTfm 90.5 se Hoop-stootprojek het ten doel om iemand wat reeds ‘n poging aanwend om sy/haar omstandighede te verbeter, te [...]
Atterbury Trust gaan GROOTfm
Dis so amper-amper ‘n jaar sedert GROOTfm die radiogolwe op 90.5 FM in Pretoria getref het en dadelik begin golwe [...]