Die Atterbury Nasionale Klavierkompetisie, wat reeds sedert 2011 aangebied word, is Suid-Afrika se enigste kompetisie waartydens jong pianiste op nasionale vlak kan meeding.
Gedurende hierdie jaar se eindrondte gister, 27 Oktober 2024, is die nuutste wenners in die Fairtree Atterbury Teater in Pretoria se Lynnwood Bridge-sentrum aangewys.
Vanjaar se algehele eerste prys is deur Chanda Lupambo verower. Hy was ook die wenner in die kategorie 19 jaar en jonger. Sy onderwyser is Nina Schumann.
Tweede was Yu Qing Peng, ‘n leerling van Olga Tsikhelashvili en Mario Nell. In die derde plek was Victor Le Du (ook kategorie wenner vir 12 jaar en jonger). Sy onderwyser is Catherine Foxcroft.
Dylan Price het die eerste prys verower in die kategorie vir deelnemers 15 jaar en jonger.
Altyd ‘n klassieke musiek-hoogtepunt in die jaar, die unieke Atterbury Nasionale Klavierkompetisie lok toegewyde ondersteuning van regoor die land, met jong pianiste wat hul alles gee om op hierdie hoë-profielverhoog hulle talente ten toon te stel. Ons kan reeds nie vir volgende jaar wag nie.
ALGEHELE WENNERS
1ste prys – Chanda Lupambo
2de prys – Yu Qing Peng
3de prys – Victor Le Du
KATEGORIE WENNERS
Wenner 12 jaar en jonger – Victor Le Du
Wenner 15 jaar en jonger – Dylan Price
Wenner 19 jaar en jonger – Chanda Lupambo
ANDER PRYSE
Beste uitvoering van ‘n Barokwerk – Yu Qing Peng
Beste uitvoering van ‘n Klassieke werk – Victor Le Du
Beste uitvoering van ‘n Romantiese werk – Yu Qing Peng
Beste uitvoering van ‘n Moderne werk – Chanda Lupambo
Beste uitvoering van ‘n Suid-Afrikaanse werk – Zhuofeng Du
Charl du Plessis Prys vir die Beste Uitvoering van ‘n Voorgeskrewe werk – Annabelle Chen
Gehoorgunsteling – Victor Le DuGehoorgunsteling – Victor Le Du
Onderwyser van algehele wenner – Nina Schumann
Onderwyser van algehele tweede plek – Olga Tsikhelashvili & Mario Nell
Onderwyser van derde plek – Catherine Foxcroft