Produk Beskrywing

Die groot fokus is om die kunste in hierdie uitdagende en onsekere tye te ondersteun. Almal is pynlik bewus van talle feeste en produksies regoor die land wat afgestel moes word. Hierdie het ’n enorme finansiële impak op kunstenaars, tegnici en teaters. In vreemde tye soos hierdie verval die rol as kunspraktisyns nie – dit word inteendeel belangriker! Die kunste moet in tye soos hierdie ‘n ligpunt bied en daarom kan ons nie ophou om oplossings te probeer vind om hul te ondersteun nie.